“O, ewige deining van die grote en magtige oseaan
Wat onstuimig-spoelend jou branders op die rotse stukkend slaan.”
Theo Wassenaar hoor sy enkele polsslag in die oneindigheid
En sy woorde maak my deel van die lewensheerlikheid.
Ek sien die sand, die strand, die son en die see
En my siel dans en dein in ekstase op die golwe mee!
Ek weet, ek glo, ek voel dat die lewe lok:
Tikketikketik – tik-tik juig die klok.
Die lewensvreug van die jeug klop juigend in my lyf
En ek jubel en ek sing want dis plesier wat my dryf
Om te werk en te doen, met lewens drif en vuur!
Tieketiek, tieketiekiedraai… omgeswaai sak die uur.
Want skielik beskou ek ‘n onskuldige kind wat rou en ly
En die pyn wring en skeur, die onreg vryf dof deur in my!
Is ons Skepper dan … O, nee! Nee! Ek is bot en dom-sat van die stryd!
En Tik… ketaktik.. TAK! …. Beur die eindelose tyd.
Ek is ‘n vlammende vuurtoring van skaamte en onheiligheid:
Naarstig soekend na myself, verdwaal in eie onsekerheid!
HULLE spoel golwend, spottend om my verkrummelende voet
In die skuiwende sand, die Tik-tak-tyd spartel : iemand moet boet….
Ek is stof en tot stof en trane geneig, modder, is ek!
Modder suig aan modder en ek val met my gesig in die drek!
God IS, Hy IS ‘n liefdevolle genadige Vader – maar maak alles sin?
Bemin Hom, bemin Hom, tik die tyd, net ek is te seer en …. Te min.
Dan weer sien ek die trietsige randeierkind wat rou en ly
Pateties, selfbeheb, sy is tog nog net so deel van my…..
Dan skuim EK al spottend om haar gebroke voet in die sand:
Skaam jou, sies! Waar is jou trots? Wees wys ; mannebestand!
Ha-ha-ha lag die tyd my honend uit!
Ek asem in en uit, wieg op en af, vae vreugde – diep verdriet:
Stiller waters … dis die honger haaie se gebied
Bang? GA! Ek gaan my gang – los my net uit!
Terwyl die tyd in die donker fluit…..
Ek sien, ek sien tog nog soms die strand – die son en die see….
Maar my siel, stewig geanker, bly aardsgedwee……
Ek weet, ek voel, en aanvaar ; ek word sinies en koud,
Maar sewentien is mos nog lank nie so bitter oud!
Ha-ha! Hoe later hoe kwater, koggel die klok en skater:
Maar net ‘n enkel druppel in die gehyg van die groot-groot water!
“It is man’s destiny to ponder on the riddle of existence.” – Charles F Kettering
(c) HCMeintjes